FINANSIES 2026
SKOOL
SKOOLGELD: 2026
R36 410 per jaar of R3 310 per leerling per maand vanaf Januarie tot November (11 maande).
Skoolgeld is betaalbaar voor/op die 7de van elke maand vanaf Januarie tot November 2026.
GEEN afslag word toegestaan vir skoolgeldbetalings vir die jaar vooruit nie.
R950 VERPLIGTE eenmalige addisionele handboekfonds wat vakfondse insluit is betaalbaar voor/op 14 Januarie 2026. Met betaling van die handboekfool ontvang leerders 'n registrasiekaartjie.
GEEN handboeke word uitgegee sonder 'n registrasiekaartjie nie. GEEN reëlings word gemaak ten opsigte van handboeke nie daarom het u reeds vanaf 2025 kans om die bedrag te betaal.
Visuele Kuns (Gr10-12) vir 2026 word slegs 50% gesubsidieer 50% is deur die ouer betaalbaar (bedrag sal deur vakonderwyser deurgegee word aan leerlinge)
‘n Aanvangspakket vir skrifte word deur die skool voorsien – slegs aanvullende skrifte soos benodig, word deur ouers self voorsien. Skryfbehoeftes word deur ouers self voorsien.
Toerusting van meganiese vakke, soos benodig, word deur ouers aangekoop.
Handboeke bly die eiendom van die skool en werksboeke bly eiendom van die leerder. Vervangingswaarde van verlore handboeke beloop R300 per handboek
NUWE LEERDERS/GRAAD 8’S
SPORTKLERE:
Sportdrag is verpligtend en beskikbaar by Extreme Clothing (Winkel 1B in Markstraat, Groblersdal)
GRAAD 8 VERWELKOMING
R380 betaalbaar voor 14 Januarie 2026.
Pakket sluit die volgende in:
Graad 8-kamp en verwelkomingspakket
KOSHUIS
KOSHUISGELD : 2026
R36 850 per jaar of R3 350 per leerling is betaalbaar voor/op die 7de van elke maand vanaf Januarie tot November (11 maande). Koshuisgeld vir Januarie is voluit betaalbaar. Bewys van eerste betaling moet gelewer word alvorens die leerling die koshuis betree in Januarie (toelatingsbewys word afgehaal by finansiële kantoor sodra betaling gemaak is). Geen leerling sal in die koshuis toegelaat word indien daar enige uitstaande koshuisgeld is nie.
Koshuisgeld is vooruit betaalbaar.
KOSHUISKLERE (SLEGS OP BESTELLING):
Koshuisklere is slegs op bestelling beskikbaar. Die hemde is beskikbaar teen R200 elk terwyl 'n koshuisbaadjie R330 beloop.
YSKAS
Eie klein yskas mag gebruik word teen R750 per jaar. Bewys van betaling moet getoon word.
DAGKOSHUIS
Die koshuis funksioneer ook as ‘n dagkoshuis (Maandae - Donderdae). Dagleerders wat van hierdie opsie gebruik maak word voorsien van ‘n middagete en ‘n lokaal waar huiswerk onder toesig gedoen word. Bedrag vir hierdie opsie beloop R1000 per maand ongeag die hoeveelheid dae wat die leerder van die opsie gebruikmaak. Die bedrag is eenmalig vooruitbetaalbaar voor/op die 1ste van elke maand. Bewys van betaling moet gelewer word. Geen oornaggeriewe vir dagleerders beskikbaar nie.
BANKBESONDERHEDE:
First National Bank
Tjekrekening
Rekening nommer: 62655544239
Takkode: 260147 (GROBLERSDAL)
BETALINGSMETODES:
1. Elektroniese Oorbetaling (EFT) - Onthou verwysingsnommer wat slegs verkrygbaar is by die Finansiële kantoor
2. Debietorder
3. Kaarttransaksie by die Finansiële kantoor
4. Direkte inbetaling in die skool se rekening
5. Kontantbetaling by die skoolkantoor (GEBRUIK ASB AS LAASTE OPSIE)
.png)