Water bruis in die are van ons swemmers, met baie toewyding en deursettingsvermoë neem ons elke jaar deel aan die Interhoër teen skole soos Hoërskool Warmbad, Piet Potgieter, Ellisras, Hans Strijdom, Nylstroom en Frikkie Meyer vir die gesogte titel. Na die Interhoër neem ons deel aan die Top 10 skole swem kompetisie.
Interhuis:
Leerders neem in spankleur (groen, wit of geel)- verband deel vir die gees- en swembeker.
Swem is 'n baie kompeterende sport en verg harde sowel as toegewyde oefening en voorbereiding. Ons kompeterende swemmers is van ons hardwerkendste atlete wat 'n gemiddeld van 4 ure per dag voluit oefen. Op klubvlak neem ons swemmers onder TUKS Swemklub se naam deel waar ons geaffilieër is.
Prestasies:
2013 : 26 swemmers neem deel aan die SA Kampioenskappe.
2014 : Verwerf 35 medaljes tydens die Limpopo Top Tien Skole Kampioenskappe. Johan Moolman wen ’n goue medalje tydens SA Swem Kampioenskappe.
2015 : Johan Moolman aangewys as beste swemmer vir o.18 (50m vlinderslag).
2016 : MJ en Anina Koekemoer is opgeneem in die Limpopo swemspan.
2017 : Ses swemmers word opgeneem in Limpopo swemspan. Tweede tydens Interhoër swem. Tweede tydens Top 10 skole swem
2018 : Ses swemmers word opgeneem in Limpopo swemspan. Tweede plek tydens Bosveld Interhoër en derde plek tydens Top 10 skole swemgala
2019: Verwerf 'n tweede plek tydens die Interhoër sowel as 'n tweede plek tydens die Top 10 skole swemgala. Coenraad de Beer verwerf twee silwer medaljes tydens die SA Skole swemkampioenskappe
2020: Coenraad de Beer word genooi om aan die Senior Nasionale Swemkampioenskappe sowel as Olimpiese proewe deel te neem.
2022: Interhoër wenners, Top 10-swemgala wenners
2023: Anné Marais, Mari-Zanne Nortje, Jac-Johan Gouws, Simone Theron, Mighael Alberts, Tiaan Scheepers, Gustav Klingbiel, Zaria Fourie en Nathan Struwig verwerf provinsiale kleure. Nathan Struwig word genooi na 2023 Toyota Swemkampioenskappe vir fisiese gestremdhede. Interhoër wenners. Top 8-swemgala naaswenners
2024: Vyf swemmers word ingesluit in die Limpopo Swemspan