'n Droom wat vir jare in die harte van baie Dallers geleef het, is besig om voor ons oë 'n werklikheid te word. Hoërskool Ben Viljoen en Die Uile is trots om deel te wees van 'n projek wat nie net 'n nuwe astrohokkieveld op Hoërskool Ben Viljoen se terrein skep nie, maar ook 'n blywende nalatenskap vir toekomstige hokkiespelers vestig. Ons is ongelooflik trots op een van ons alumni-lede, Ivor Gouws, deel van die klas van 1996, wat tans deelneem aan die gesogte Meneer Suid-Afrika 2026-kompetisie. Leeyah Bhikhoo Rahim het die afgelope naweek aan die SANESA Kwalifiseerder deelgeneem wat by Ranch Resort aangebied is. Sy het met haar twee perde, Rathmore Baronne en Midnight Blue, uitstekende prestasies gelewer. Die klas van 2016 het op Saterdag, 30 Mei 2026, teruggekeer na hul alma mater om hul 10-jaar-reünie te vier. Dit was 'n besonderse geleentheid waar dié alumni weer kon saamkuier, herinneringe kon deel en die spesiale band wat hulle as skoolmaats gevorm het, kon herleef. Hoërskool Ben Viljoen se skuts het op 29 en 30 Mei 2026 aan Prysskiet 5 deelgeneem, wat op ons tuisbodem aangebied is. Die kompetisie het weereens aan ons leerders die geleentheid gebied om hul konsentrasie, selfdissipline en skietvernuf te toets, en die Dallers het uitstekend gevaar.
.png)