Ons het beide 'n seuns- en dogters tennisspan wat deelneem aan die mediumskole liga in Limpopo. Hierdie spanne speel op Vrydae-middae na skool hulle wedstryde. Tydens die laaste 5 jaar vaar ons tennisspanne ongelooflik goed in die liga en vorder ook na die Limpopo Kampioenskappe waar hulle die dogters-afdeling alreeds 4 keer gewen het.
Prestasies:
2014: Senior Dogterspan is Limpopo Kampioene. 1ste Dogterspan eindig 2de by Sun City uitnodigingstoernooi.
2015: Senior Dogterspan is Limpopo Kampioene.
2016 : Senior Dogterspan is Limpopo Kampioene.
2017 : Senior Dogterspan en Seunsspan is Limpopo Kampioene.
2018 : Senior Seunsspan verwerf ‘n 2de plek tydens Limpopo Kampioenskappe.
2019: Senior Seunsspan is die 2de beste span in Limpopo
2022: Dogterspan is Limpopo naaswenners
2023: Dogterspan is Limpopo naaswenners