Kabous de Wet, wat deel was van die klas van 2021, het vanjaar uitmuntende akademiese- en kunsprestasies aan die Universiteit van Stellenbosch behaal, waar hy sy BA Visuele Kunste (Skone Kunste) met Cum Laude geslaag het.
Hy is eerstens aangewys as ’n mede-wenner van die Theory of Art & Design 2025-prys, wat toegeken word aan studente wat ’n onderskeiding in dié vak behaal. Die prys is spesifiek toegeken op grond van sy navorsingsartikel getitel “Ek Sien Jou, Ek Hou Jou: Queer Liggame as Houkamers vir Toewyding en Afkeur”, wat uitgestaan het vir sy akademiese diepgang en kritiese benadering.
Kabous het verder die Skone Kunste-prys as algehele wenner ontvang. Hierdie toekenning is toegeken aan die student met die Beste Finale Uitstalling sowel as Beste Algehele Student in Skone Kunste. Sy finale uitstalling, getitel “Redemption Politics”, het die moderators beïndruk met sy konseptuele krag en artistieke volwassenheid.
Benewens hierdie prestasies het Kabous ook ’n dubbele onderskeiding ontvang vir sy finalejaarsvakke Theory of Art and Design 479 en Fine Art 479.
Beide pryse is toegeken deur die Departement van Visuele Kunste aan die Universiteit Stellenbosch, en bevestig Kabous se uitsonderlike bydrae tot die veld van visuele- en skone kunste.
.png)
