Monique Viljoen, een van ons huidige Graad 9-leerders, het onlangs 'n uitmuntende prestasies in ballet behaal.
Op 29 November 2025 het sy in Pretoria haar Intermediate Ballet-eksamen by die Dans Akademie van Suid-Afrika met ’n onderskeiding geslaag. Dié Intermediate-vlak verteenwoordig die tweede eksamenjaar in ’n vierjaar-graadroete wat daarop gemik is om ’n balletloopbaan af te sluit.
Verder is Monique ook vanjaar tydens die Elda Meyer Dansakademie se prysuitdeling, wat op 24 September 2025 plaasgevind het, vereer met die volgende toekennings:
• Beste Presteerder in Verhoogwerk met ’n A+
• Mees Belowende Danseres vir Gevorderde Klaswerk 2025
Hierdie prestasies getuig van Monique se harde werk, toewyding en natuurlike talent. Ons wens haar alle sterkte toe met haar verdere balletloopbaan en sien met trots uit na wat die toekoms vir haar inhou.
.png)
