•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Jean verwerf Meestersgraad in Ontwerp

    Ons spog graag met Jean du Preez, deel van die klas van 2018, wat onlangs sy Meestersgraad in Ontwerp (Master of Design) suksesvol aan die Swinburne University of Technology in Melbourne, Australië verwerf het.

  • Kabous aangewys as top student in...

    Kabous de Wet, wat deel was van die klas van 2021, het vanjaar uitmuntende akademiese- en kunsprestasies aan die Universiteit van Stellenbosch behaal, waar hy sy BA Visuele Kunste (Skone Kunste) met Cum Laude geslaag het.

  • Monique blink uit tydens Ballet-eksamen

    Monique Viljoen, een van ons huidige Graad 9-leerders, het onlangs 'n uitmuntende prestasies in ballet behaal.

  • Baie dankie elekDsign, AFKO en...

    Ons o.15 en o.17-sewesrugbyspanne bedank graag elekDsign, AFKO en Groblersdal SuperSpar vir die borg van hulle onderskeie wedstrydtruie en broeke vir die 2025-seisoen. 

  • Sokkie Speurtoer - 'n Elzanie du...

    Ons is trots om die inspirerende loopbaanpad van Elzanie du Toit, deel van die klas van 2020, te vier. Elzanie bewys dat jou drome binne bereik is wanneer jy hard werk, volhard en in jouself glo - ’n les wat sy jare gelede reeds in die gange van Ben Viljoen geleer het.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

WhatsApp_Image_2025-12-02_at_16.24.02.jpeg

Ons is trots om die inspirerende loopbaanpad van Elzanie du Toit, deel van die klas van 2020, te vier. Elzanie bewys dat jou drome binne bereik is wanneer jy hard werk, volhard en in jouself glo - ’n les wat sy jare gelede reeds in die gange van Ben Viljoen geleer het.


“Elkeen by Ben Viljoen het my laat voel dat dit nie saak maak waar jy vandaan kom nie,” vertel sy. “As jy bereid is om hard te werk, sal jou drome realiseer.”
Na matriek het Elzanie haar passie vir verhoog- en filmkunde nagejaag en Drama gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria, waar sy haar graad, BDram, voltooi het. Haar unieke talent en werksetiek het vinnig begin vrugte afwerp.


Sy het reeds op verskeie produksies gewerk - die soort geleenthede waarvan sy van kleins af gedroom het.
Elzanie se CV groei teen ’n indrukwekkende tempo. Sy het onder andere gewerk aan: die Reënboogrant-reeks, ’n Showmax-reeks wat binnekort vrygestel word,asook ’n Kyknet-mini-reeks wat in Desember bekendgestel word.


Haar professionele werk agter die skerms is egter 'n bewys dat sy nie net oor talent beskik nie, maar ook oor deursettingsvermoë en kreatiewe visie.


Een van Elzanie se grootste prestasies is haar eie kortfilm, Sokkie Speurtoer. Sy het die konsep self geskep, die draaiboek geskryf, én regie gedoen - ’n reuse prestasie vir enige jong filmmaker.
Dié kortfilm kan op Youtube by die volgende skakel gekyk word:
https://youtu.be/jRF0MX2ppDg


Elzanie du Toit is ’n voorbeeld van wat moontlik is wanneer talent en harde werk saamspan. Haar suksesstorie maak ons trots, en haar reis dien as inspirasie vir huidige en toekomstige Dallers wat groot drome koester.
Ons sien uit om nog baie van jou te hoor in die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf!


Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak