•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Baie geluk aan nuwe...

    Na afloop van die onlangse Beheerliggaam tussen-verkiesing wens ons graag Mnr Arnold van der Walt en Me Elmarie Lessing geluk met hulle verkiesing tot die Beheerliggaam.

  • Varswateroewerhengel liga 1 | 2026

    Varswateroewerhengel is meer as net water, hoeke en aas. Dit is ’n sport waar jy jou geduld toets, jou vaardighede slyp en soms jouself verras met wat jy regkry. Dit is juis hierdie gees van deursettingsvermoë en sportmanskap wat tydens die eerste ligabyeenkoms van die 2026 Limpopo Skole Varswater Oewerhengel duidelik sigbaar was.

  • Inhuldiging van Eerste Netbalspan | 2026

    Op Vrydag, 13 Maart 2026, het die amptelike inhuldiging van ons eerste netbalspan by die elegante Familia Gastehuis plaasgevind.

  • NWU-Skolereeks: Ben Viljoen vs...

    Die afgelope naweek het Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne na Standerton gereis waar hulle in die tweede rondte van die NWU Skolesportreeks teen Hoërskool Standerton te staan gekom het. Dit was ’n opwindende dag vol sportaksie waarin spelers van rugby, netbal en hokkie hul beste gelewer het en uitstekende gees en spanwerk getoon het.

  • Drie atlete na ASA Suid-Afrikaanse...

    Baie geluk aan ons drie atlete wat gekwalifiseer het om van 26 tot 28 Maart 2026 aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe deel te neem. Vanjaar vind die kampioenskappe in Germiston plaas.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Varswateroewerhengel is meer as net water, hoeke en aas. Dit is ’n sport waar jy jou geduld toets, jou vaardighede slyp en soms jouself verras met wat jy regkry. Dit is juis hierdie gees van deursettingsvermoë en sportmanskap wat tydens die eerste ligabyeenkoms van die 2026 Limpopo Skole Varswater Oewerhengel duidelik sigbaar was.


Hierdie eerste kompetisie het op 15 Maart 2026 by die Nyl Biodiversiteit Dam in Mokopane plaasgevind, en ons het vanjaar sterk verteenwoordiging met twee o.19-hoërskoolspanne, asook vir die eerste keer in die skool se geskiedenis ’n Dameshengelspan – ’n belangrike mylpaal vir die Dallers!


Die Ben Vissers het ’n uitstekende begin tot die seisoen gehad en algeheel tweede geëindig tydens die eerste ligabyeenkoms.


Individueel het die span ook puik gevaar. Marthinus Dreyer het ’n algehele tweede plek behaal, terwyl James Coetzee in die vyfde plek geëindig het. Liam Hancke het ’n twaalfde plek verwerf en Arno du Plessis het die dag in die twintigste plek afgesluit.


In die swaarste sak-kategorie het Marthinus Dreyer sy stempel afgedruk met ’n tweede plek, terwyl James Coetzee die derde plek ingeneem het. Liam Hancke spog ook met die swaarste karp, 'n allemintige 6.1kg


Die Bennies-span het die kompetisie algeheel in die sewende plek afgesluit.
Individuele uitslae sluit in Juhandrich Grundling wat 22ste geëindig het, gevolg deur Hendri Bouwer in die 27ste plek. Cobus de Bruin het die 30ste plek behaal en Louis van Schalkwyk het 34ste geëindig.


Die nuwe Dameshengelspan, bekend as die Dallers, het ’n indrukwekkende debuut gemaak deur algeheel vierde te eindig.


Die dag het egter aan Jenna Berry behoort. Sy het ’n algehele eerste plek verwerf en ook die swaarste sak vir die dag gevang. As kroon op haar uitstekende prestasie is sy ook aangewys as Victrix Ludorum van die kompetisie.


Met sulke belowende resultate is dit duidelik dat die Dallers se hengelaars die 2026-seisoen met groot selfvertroue aanpak. Ons sien met groot afwagting uit na die volgende ligabyeenkoms waar hierdie talentvolle hengelaars weer hul vaardighede gaan toets.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak