Baie geluk aan ons drie atlete wat gekwalifiseer het om van 26 tot 28 Maart 2026 aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe deel te neem. Vanjaar vind die kampioenskappe in Germiston plaas.
Hou gerus hierdie atlete dop:
Jaco van der Westhuyzen – o.20 100 m en 200 m
Marnu Hancke – o.18 gewigstoot en diskus
Omphile Tshikane – o.20 800 m
Ons is ongelooflik trots op julle prestasies en wens julle alle sterkte toe vir die kampioenskappe!
.png)