•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Baie geluk aan nuwe...

    Na afloop van die onlangse Beheerliggaam tussen-verkiesing wens ons graag Mnr Arnold van der Walt en Me Elmarie Lessing geluk met hulle verkiesing tot die Beheerliggaam.

  • Varswateroewerhengel liga 1 | 2026

    Varswateroewerhengel is meer as net water, hoeke en aas. Dit is ’n sport waar jy jou geduld toets, jou vaardighede slyp en soms jouself verras met wat jy regkry. Dit is juis hierdie gees van deursettingsvermoë en sportmanskap wat tydens die eerste ligabyeenkoms van die 2026 Limpopo Skole Varswater Oewerhengel duidelik sigbaar was.

  • Inhuldiging van Eerste Netbalspan | 2026

    Op Vrydag, 13 Maart 2026, het die amptelike inhuldiging van ons eerste netbalspan by die elegante Familia Gastehuis plaasgevind.

  • NWU-Skolereeks: Ben Viljoen vs...

    Die afgelope naweek het Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne na Standerton gereis waar hulle in die tweede rondte van die NWU Skolesportreeks teen Hoërskool Standerton te staan gekom het. Dit was ’n opwindende dag vol sportaksie waarin spelers van rugby, netbal en hokkie hul beste gelewer het en uitstekende gees en spanwerk getoon het.

  • Drie atlete na ASA Suid-Afrikaanse...

    Baie geluk aan ons drie atlete wat gekwalifiseer het om van 26 tot 28 Maart 2026 aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe deel te neem. Vanjaar vind die kampioenskappe in Germiston plaas.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Die afgelope naweek het Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne na Standerton gereis waar hulle in die tweede rondte van die NWU Skolesportreeks teen Hoërskool Standerton te staan gekom het. Dit was ’n opwindende dag vol sportaksie waarin spelers van rugby, netbal en hokkie hul beste gelewer het en uitstekende gees en spanwerk getoon het.


Rugby

Die jonger spanne het besonderse sterk vertonings gelewer. Die o.14A-span het ’n indrukwekkende oorwinning van 50–11 behaal, terwyl die o.14B-span ook goed gevaar het met ’n 31–12 sege. Die o.16A-span het nog ’n stewige oorwinning van 40–21 ingepalm.

Die o.15A-span moes egter die knie buig met 8–17, en die o.16B-span het in ’n spannende wedstryd net-net met 17–19 verloor. In die senior wedstryde het Standerton die oorhand gehad, met die 3de span wat 12–51, die 2de span 7–40, en die 1ste span 12–25 verloor het.

Netbal

Die netbalspanne het ook goeie geveggees getoon. Die o.14A-span het ’n noue 14–12 oorwinning behaal, terwyl die o.15A-span met 27–16 geseëvier het. Sterk vertonings het ook gekom van die o.16A-span wat 24–14 gewen het en die o.16B-span wat met 17–7 gewen het.

Die o.14B-span het 12–18 verloor, en die o.15B-span 7–15. Die o.14C-span het ’n vriendskaplike wedstryd gespeel en 13–4 gewen. Die 2de span het 6–20 verloor, terwyl die 1ste span ’n harde stryd gelewer het wat 22–22 gelykop geëindig het.

Hokkie

Die hokkiespanne het ’n uitstekende dag beleef en feitlik al hul wedstryde gewen. Die o.14- en o.15-spanne het albei 4–0 gewen, terwyl die o.16-span ’n oortuigende 6–0 oorwinning behaal het. Die 2de span het met 4–1 gewen en die 1ste meisiespan het ’n indrukwekkende 7–0 oorwinning aangeteken. Die 1ste seunsspan het ook sterk gespeel en met 3–1 gewen.

 

Die dag was ’n groot sukses met talle puik vertonings deur Ben Viljoen se sportspanne. Die spelers het trots, deursettingsvermoë en goeie sportmanskap gewys, en die skool kan trots wees op hul prestasies.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak