Ons hoofseun, Ricardo Patricio, en ons hoofmeisie, Milla Kleynhans, het die volgende boodskap met ons gedeel:
"Wat 'n wonderlike voorreg was dit gister om Hoërskool Ben Viljoen se personeel te kom verwelkom na so lang vakansie.
Om en by die 3de April het ons begin wonder of hierdie dag ooit weer in 2020 sal aanbreek.
Die lang vakansie het ons baie stof tot nadenke gegee.
1. KOM ONS LEEF VOLUIT EN NEEM NIKS AS VANSELFSPREKEND AAN NIE!
2. ‘N VIRUS GAAN ONS NIE ONDER KRY NIE.
3. DAAR GAAN VERSEKER ‘N PAAR DINGE VERANDER AS ONS TERUGKEER SKOOL TOE!
Ons verstaan die sillabus het ook verander, kinders gaan nou geleer word van sosiale afstand, om meer gereeld hande te was en nie aan jou gesig te vat nie.
Vandag wil ons elke personeellid van BEN VILJOEN bedank vir die wyse waarop julle sonder om dit te besef BEN VILJOEN as ‘n skool bymekaar gehou het in die grendeltyd.
I TEACH YOU ON ZOOM IN A ROOM,
I TEACH YOU WITH A MOUSE IN YOUR HOUSE
I TEACH YOU HERE AND I TEACH YOU THERE
BECAUSE I CARE!
WE LOVE YOU ALL!!