Ons bied perdry as 'n buitesport aan waar ons erkenning gee aan hierdie ruiters wat ons verteenwoordig op 'n ander terrein as die gewone sportsoorte.
Baie van ons leerders behoort aan 'n onafhanklike ryskool waar hulle aan die geleentheid kry om aan die SANESA kompetisies deelneem. Die ruiters kry uitmuntende uitslae tydens hierdie kompetisies.
2019: Hoërskool Ben Viljoen word aangewys as die 5de beste skool in die land, 1ste in die Limpopo provinsie en ontvang die 2019 toekenning vir deelnemende hoërskool van die jaar. Victor Ludorum is ook 'n Ben Viljoener!
2021: Awandé, Johané en Anel Geyser sowel as Clara de Beer is gekies vir die Limpopo Perdryspan.
Ameli Groenewald ontvang tydens die Mpumalanga SANESA prysuitdeling:
•Beste presteerder: Dresseer Novice
•Beste presteerder :Spring 1.10m
•Beste presteerder: Working hunter
•Hoërskool Victrix Ludorum
•Ruiter in Mpumalanga wat die beste by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe presteer het (laerskool & hoërskool)
2022: Ameli Groenewald verwerf 'n 4de plek in Open Equitation, 'n 10de plek in albei klasse van Novice dresseer sowel as 'n 10de plek in Working Hunter. Sy verwerf ook 'n 9de plek in die 1.10m spring afdeling. Faseeha Bhikhoo word aangewys as die Hoërskole Victor Ludorum tydens die kampioenskappe. Hoërskool Ben Viljoen word ook aangewys as een van die Top 3 skole.
2023: Anika Struwig en Elrie Enslin verwerf provinsiale kleure