Die afgelope naweek het Thorne Blake, huidige graad 8 leerder, aan die Final SA National Cross Country (GXCC) Rondte 5 en 6 veldwedren deelgeneem.
Hierdie jong leerder het homself uiters goed van sy taak gekwyt by hierdie wedren wat by Zorgfliet in Bronkhorstspruit plaasgevind het. Die wedren het bestaan uit 3 rondtes van 55km elk en Thorne het aan die Offroad Warriors klas deelgeneem waar hy in die 1ste plek eindig! Baie geluk Thorne, ons is trots op jou!