•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Liske terug op die internasionale...

    Liske Lategan, deel van die klas van 2016, het die afgelope naweek haar terugkeer tot die internasionale rugbytoneel gemaak, toe sy vir die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan uitgedraf het tydens die Afrika Vroue Sewestoernooi in Nairobi, Kenia. Die toernooi is van 15 tot 16 November aangebied en het die beste vroue-sewesspanne van die kontinent byeengebring.

  • Klas van 2025

    In ’n onsekere en onstabiele tydperk in die geskiedenis het julle in 2021 as verwarde graad 8’s deur die hekke van Hoërskool Ben Viljoen gestap - gepantser met ’n masker, ’n bottel ontsmettingsmiddel en ’n hart vol vrae. Julle het ’n wêreld betree wat anders gelyk het as die een waarvoor julle voorberei is: gange was stiller, glimlagte versteek, en afstand deel van die nuwe normaal. Maar tog het julle gestap - dapper, nuuskierig en bereid om aan te pas. Daardie eerste tree het reeds gewys watter soort matrieks julle eendag sou wees.

  • Uiltjies van 2026 verwelkom by die...

    Huis Cherié Meisieskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis het Vrydagaand hul deure oopgemaak vir volgende jaar se Graad 8-Uiltjies. Hierdie spesiale oorslaap-aksie is jaarliks een van die hoogtepunte op die koshuiskalender, en het weereens bewys hoekom ons koshuise werklik ’n huis weg van die huis is.

  • Dallers besoek Laerskool Julian Muller

    In die gees van ware leierskap en skooltrots het drie van ons hoofleiers vanoggend ’n betekenisvolle besoek aan Laerskool Julian Muller gebring. Die doel van die besoek was eenvoudig, maar besonder waardevol: om die nuutverkose leiers van 2026 geluk te wens, hulle te bemoedig, en ’n brug van samewerking tussen die skole te versterk.

  • Lené op studenteraad van Isa Carstens...

    Ons is trots om te deel dat Lené Riekert, deel van die klas van 2020, onlangs verkies is tot die Studente Raad van die Isa Carstens Akademie. Hierdie besondere prestasie is ’n bewys van haar leierskap, toewyding en passie vir haar studieveld.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

DSC_0365.jpg

In ’n onsekere en onstabiele tydperk in die geskiedenis het julle in 2021 as verwarde graad 8’s deur die hekke van Hoërskool Ben Viljoen gestap - gepantser met ’n masker, ’n bottel ontsmettingsmiddel en ’n hart vol vrae. Julle het ’n wêreld betree wat anders gelyk het as die een waarvoor julle voorberei is: gange was stiller, glimlagte versteek, en afstand deel van die nuwe normaal. Maar tog het julle gestap - dapper, nuuskierig en bereid om aan te pas. Daardie eerste tree het reeds gewys watter soort matrieks julle eendag sou wees.


Klas van 2025, lig op jou kop. Dit klink eenvoudig, amper alledaags, maar binne hierdie woorde skuil ’n kragtige waarheid. Om jou kop te lig is die eerste teken dat jy bereid is om die wêreld vierkantig in die oë te kyk - dat jy weier om vas te kyk teen die struikelblokke van vandag, en eerder jou blik rig op die moontlikhede van môre. Wanneer jy jou kop lig, sien jy verder as die onmiddellike uitdagings. Jy sien geleenthede, drome en roepings wat wag om aangegryp te word. Jy verstaan dat groot oorwinnings nie uit een groot sprong gebou word nie, maar uit klein, konsekwente keuses: om te probeer, om aan te hou, en om elke keer weer op te staan wanneer jy val.


“Lig jou ken en ken jou lig.” Hierdie woorde, oorspronklik van Magé Trotskie, destyds hoofdogter van C&N Sekondêre Meisieskool Oranje en vandag bekend as Vir Nou Net Magé, dra ’n wysheid wat die moeite werd is om vas te hou. In haar toespraak in 2021, dieselfde jaar waarin julle as graad 8 deur ons hekke ingestap het, het sy gesê: “Lig jou oë van die grond af en wees hier. Die Here sê ‘stop, vat ’n oomblik, kyk op en haal asem. Ek is met jou… Ek het jou lief.’ "Lig jou ken en sien die mense rondom jou. Sien die nuwe dag, en as jy gister geval het, dan staan jy vandag op met nuwe moed, nuwe krag en daardie blinkbek-glimlag.”


Hierdie boodskap resoneer vandag sterker as ooit. Julle het deur ’n tydperk van onsekerheid gegroei, julle het verandering oorwin, en julle het bewys dat julle veerkragtig genoeg is om vorentoe te beweeg, nie met vrees nie, maar met vasberadenheid.


Matrieks van 2025, dit is nie die laaste bladsy van ’n boek nie. Dit is die eerste paragraaf van ’n nuwe hoofstuk - een waarin jý die skrywer is. Hou jou waardes naby, jou drome helder, en jou kop altyd hoog genoeg om die moontlikhede raak te sien. Elkeen van julle dra ’n unieke verhaal in die hart, en elke pad wat voorlê is anders. Tog het elke pad iets in gemeen: dit benodig lig. Jou lig.


Gaan uit en wees ’n ligdraer in ’n wêreld wat soms donker voel. Wees getrou aan jouself, leef met integriteit, en jaag jou drome met ’n kombinasie van moed en nederigheid. Onthou dat jou lig nie net vir jou eie pad bedoel is nie, maar ook om ander se paaie te verhelder.


Die wêreld wag vir julle - met uitdagings, ja, maar ook met oorvloedige geleenthede. Lig jou kop, lig jou ken… en ken jou lig.


Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2025 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak