Afrikaans.com het hierdie jaar saamgewerk met die bekende musikant Anton Goosen en die kunstenaar Elsie Jooste vir die eerste Skilder met woorde-kompetisie waarin skoolleerders aangemoedig is om een van Anton Goosen se liedjies te skilder.
Hierdie kompetisie se inskrywings het bestaan uit beide hoërskool- en laerskoolleerders. Die beoordeling van hierdie kompetisie was onafhanklik deur Jooste en Goosen gedoen.
Baie geluk aan Kabous de Wet, wat met sy uitbeelding van Umfaan, deel van die top-20 is.