Swem

 

Water bruis in die are van ons swemmers, met baie toewyding en deursettingsvermoë neem ons elke jaar deur aan die Interhoër teen skole soos Hoërskool Warmbad, Piet Potgieter, Ellisras, Hans Strijdom, Nylstroom en Frikkie Meyer vir die gesogte titel. Na die Interhoër neem ons deel aan die Top 10 skole swem kompetisie.

Prestasies:

 2013 : 26 swemmers neem deel aan die SA Kampioenskappe.

2014 : Verwerf 35 medaljes tydens die Limpopo Top Tien Skole Kampioenskappe / Johan Moolman wen ’n goue medalje tydens SA Swem Kampioenskappe.

2015 : Johan Moolman aangewys as beste swemmer vir o.18 (50m vlinderslag).

2016 : MJ en Anina Koekemoer is opgeneem in die Limpopo swemspan.

2017 : Ses swemmers word opgeneem in Limpopo swemspan / Tweede tydens Interhoër swem / Tweede tydens Top 10 skole swem

2018 : Ses swemmers word opgeneem in Limpopo swemspan. Tweede plek tydens Bosveld Interhoër en derde plek tydens Top 10 skole swemgala