Rugby

Een van die menigte sportsoorte wat ons aanbied is rugby. Vanaf 2019 word alle spanne afgerig deur die mansonderwysers van Hoërskool Ben Viljoen in samewerking met 'n kondisioneringsafrigter

Ons is beslis 'n skool om mee rekening te hou wanneer dit kom by rugby en het al verskeie SA Skole en Cravenweekrugbyspelers opgelewer.

Prestasies:

1965: 1ste span: Ben Viljoen – Administrateurstrofee wenners.

2000: o.15: Ben Viljoen vs Wesvalia (Naaswenners).

2001: 1ste Span: Ben Viljoen vs Grenswag (Wenners).

2008: 1ste Span: Ben Viljoen vs Linden (Naaswenners).

2010: o.16 : Ben Viljoen vs Randburg (Wenners).

2012: o.14: Ben Viljoen vs Piet Retief (Naaswenners).

2013: o.14: Ben Viljoen vs Oosterlig (Medewenners) / 1ste Span: Ben Viljoen vs Ben Vorster (Naaswenners).

2014: o.15: Ben Viljoen vs Wesvalia (Naaswenners).

2015: 1ste Span: Ben Viljoen vs Piet Potgieter (Wenners).

2016: Vier rugbyspelers haal onderskeie provinsiale spanne / 0.15 & 1ste span is Beeldtrofee naaswenners

2017:  Twee rugbyspelers haal Cravenweek & Akademie spanne / o.14, o.15, o.16 en 1ste span Limpopo Naaswenners

2018:  o.14 span Limpopo Naaswenners - Speel in die eerste rondte uitspele van die Virseker beker.

 16 Cravenweekspelers die afgelope 13 jaar.