Prysskiet

Prysskiet is 'n individuele kompetisie wat die leerder se konsentrasie help bevorder.

Ons neem deel in die Mpumalanga liga wat bestaan uit Mpumalanga skole en gemengde streeksdele. In die Mpumalanga liga is skole soos HTS Middelburg, Hoërskool Middelburg, Witbank Tegnies en Hoërskool Generaal Hertzog. Verder word hierdie liga verdeel in streke naamlik Nkangala, Hoëveld en Nelspruit. 

In Mpumalanga is hierdie sport die grootste en groei jaarliks in syfers.

Die skuts oefen een keer per dag tussen 14:00 en 16:00.