Netbal

Ons netbal word afgerig deur goed gekwalifiseerde, energieke afrigters wat spangees bou en die spelers motiveer om tot die beste van hulle vermoë te presteer.

Ons het verskeie netbalprestasies oor die afgelope jare waarop ons baie trots is.

Prestasies:

Afgelope 14 jaar verwerf 41 meisies provinsiale kleure.

2014 :  Drie spelers neem deel aan die SA Kampioenskappe /  Al die spanne kwalifiseer vir die Limpopo Kampioenskappe / o.16 span eindig onder die top 4 in Limpopo.

2015 : o.15, o.16 en 1ste spanne deur na Limpopo finaal.

2016 : o.14, o.15 en 1ste spanne deur na die Limpopo Finaal.

2016: o.16A netbalspan kwalifiseer vir die SA Netbal Kampioenskappe vir klein-, medium- en makroskole.

2017: o.14, 0.15 en 1ste spanne deur na die Limpopo Finaal.

2018: o.15, 0.16 en 1ste spanne deur na die Limpopo Finaal.

2019: Die 1ste span neem deel aan die Arthur Johnson Sportweek en eindig 4de uit 23 skole

Die o/14A span eindig 3de in Limpopo!