Gholf

Ons het huidiglik 3 Gholfspanne. 'n A-, B-, en C-span wat aan die liga deelneem. Wedstryde word op Vrydae gespeel.

Die hoogtepunt van die gholfseisoen is die Interhoër waar ons spanne altyd goed vaar.

Prestasies:

2011 : Interhoërwenners

2014 : 1ste span neem deel aan Suid-Afrikaanse Hoërskole  Kampioenskappe. Slegs 80 skole van regoor Suid-Afrika word na die spoggeleentheid uitgenooi. Ben Viljoen behaal ‘n 13de plek in Suid-Afrika. Ligawenners en Interhoërwenners.

2015 : Neem deel aan Suid-Afrikaanse Hoërskool Kampioenskappe /  Ian Jacobs is aangewys as 2de beste gholfspeler in Mpumalanga.

2016 : Liga wenners

2018 : Liga wenners