Atletiek

Die jaarlikse interhuis, wat in Januarie aangebied word, is die perfekte geleentheid vir almal om atletiek te beoefen. Na die interhuis word die top atlete gemotiveer om te oefen vir die Interhoër wat in Februarie plaasvind. 

Daar vind verskeie vriendskaplike byeenkomste plaas voor die Interhoër om hierdie atlete ten volle voor te berei. 

Ons atlete is beslis 'n gemotiveerde groep wat hard werk en keer-op-keer presteer.

Prestasies:

2014 : 29 atlete neem deel aan die Limpopo Kampioenskappe waarvan 5 atlete 1ste plekke behaal.

2015 : Verwerf 18 goue-, 16 silwer- en 15 brons medaljes tydens die Interhoër / Vyf atlete verwerf povinsiale kleure en een atleet verwerf ’n brons medalje en nog ‘n atleet ’n silwer medalje tydens die SA Kampioenskappe.

2016 : Atlete verower 63 medaljes: 18 goud, 15 silwer en 21 brons tydens die Interhoër / Vyf atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe / Een atleet verwerf ‘n 4de en 5de plek tydens die SA Skole Atletiek Kampioenskappe.

2017 : Atlete verower 71 medaljes : 21 goud, 23 silwer en 27 brons tydens die Interhoër / Twee atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

2018 : Junior meisies (2de plek algeheel) gedurende Interhoër / Atlete verower 63 medaljes : 13 goud, 25 silwer en 25 brons gedurende die Interhoër.

2019: Interhoër Atleet van die dag is Tiaan Gerritsen/ Beide die junior seuns en junior dogters is algehele wenners/ Senior dogters eindig in die tweede plek/ Totaal vir dogters word deur ons gewen/ Ons eindig 3de in die Sangbeker en die opkoms en dirigente verwerf die 2de plek/ In die Prestasiebeker eindig ons 3de/ Ons eindig algeheel 3de met 607 punte/ Ses van ons atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en een van ons atlete verwerf 2de plekke in die 100m, Medley aflos en in die 4x100m aflos.