Skool Kalender

Kalender

Nuus

Oor die School Commicator

Beste Ouer

Dis vir ons aangenaam om die “School Communicator” herbekend te stel – ’n innoverende en opwindende manier om met ouers te kommunikeer. Die “School Communicator” hou jou ingelig oor wat by die skool gebeur. Dit word outomaties opgedateer en gee jou al die jongste nuus en kalender-inligting oor geleenthede wat voorlê. Dit bevat ook ’n fotogalery, ’n kontaklys en ’n hele klompie nuttige skakels en dokumente.

Hoe om weg te trek

Dis maklik om die “School Communicator” te installeer. Laai die CD wat jy ontvang het in jou rekenaar. Dit behoort vanself te speel. Klik op “Install” en volg die instruksies op die skerm. Jy kan ook die installeerder aflaai vanaf die “School Communicator”-webwerf: www.school-communicator.com/downloads

Jy kan die “School Communicator” laai op soveel rekenaars as wat jy wil, byvoorbeeld by die werk en tuis, jy en jou wederhelf. Die “School Communicator” werk saam met Windows XP, Vista en Windows 7, sowel as Mac OS 10.6, 10.7 en 10.8.

Altyd op datum

Nuus en relevante inligting word gereeld deur die skool bygevoeg. Jou “School Communicator” sal outomaties opdateer soos nuwe inligting bygevoeg word. Jy hoef niks verder te doen nie. Die “School Communicator” verskyn een keer per dag, wanneer jy jou rekenaar aanskakel, sodat jy altyd ingelig sal wees oor wat by die skool gebeur.

Kry net die nuus wat jy wil hê

Jy kan kies watter nuus en kalender-inligting jy wil ontvang. Klik op “Personalise” en selekteer die toepaslike opsies uit die lys wat verskaf word.

Hou ons ook op datum

Maak seker dat ons jou korrekte kontakbesonderhede het – dateer jou persoonlike besonderhede op deur op “My Details” te klik. Dié inligting word direk na die skool gestuur en word gebruik om ons eie rekords op te dateer. Dit word nie aan enigiemand anders verskaf nie. Dateer asseblief jou besonderhede op sodra enigiets verander sodat ons rekords altyd op datum is.

Hoe sal die “School Communicator” jou rekenaar beïnvloed?

Die “School Communicator” is ’n liggewig program en behoort geen noemenswaardige invloed op jou rekenaar te hê nie. In sommige gevalle sal jy dalk jou teenvirus- of vuurmuurverstellings moet verander sodat die “School Communicator” kan werk. As jy op ’n onderneming se netwerk werk, sal jy dalk die netwerk-administrateur moet vra om jou te help. Meer as 100 000 ouers landwyd gebruik reeds die “School Communicator” suksesvol, tuis sowel as by die werk.

Bandwydte

Die “School Communicator” gebruik gemiddeld 30Mb data per maand. Dit sal van maand tot maand ’n bietjie wissel, afhangend van hoe dikwels ons die inhoud opdateer, maar behoort nooit buitensporig te wees nie.

Privaatheid

Enige persoonlike inligting wat aan die “School Communicator” verskaf word (insluitende jou registrasiebesonderhede) is heeltemal privaat en mag net deur die skool gebruik word. Dit mag nie verkoop word of aan enige derde party verskaf word nie. Die “School Communicator”-bedieners word deur Thawte beskerm om te verseker dat daar geen ongemagtigde toegang tot jou besonderhede is nie.

Ondersteuning

Kontak ons asseblief as jy enige vrae het, of onseker oor enigiets voel. Jy kan ook die ondersteuningspan kontak as jy enige probleem het om die “School Communicator” te laat funksioneer. Bel hulle by 0860 22 11 36 of stuur e-pos na support@school-communicator.com