Noemenswaardige Alumni

Deur die jare, het Ben Viljoen verskeie noemenswaardige persone opgelewer. Hierdie persone het nie noodwendig op die sportgebied uitgeblink nie, maar op ander gebiede insluitende kultuuraktiwiteite en leierskap.

"die sukses van enige skool kan gemeet word aan die bydrae wat die alumni aan die samelewing maak" - John F. Kennedy

Sportsterre wat uitgeblink het, sluit in:

Ewoud Malan - Rugbyspeler wat in 1980 vir die Springbokke uitgedraf het teen die Britse en Ierse Leeus

Phillip 'Draadkar' de Lange - Curriebeker rugbyspeler

Jaco van der Westhuyzen - Rugbyspeler wat 32 toetswedstryde vir die Springbokke gespeel het 

Mees Erasmus - Rugbyspeler wat gekontrakteer is by die Melbourne Rebels

Pierre Uys - Rugbyspeler wat in 2002 'n wedstryd vir die Springbokke gespeel het teen Skotland

Paul Hoffman - Curriebeker rugbyspeler 

Kobus Marais - Curriebeker rugbyspeler

Nicolene Terblanche - Proteas Hokkie kaptein

Karin Prinsloo - Olimpiese swemmer

Liske Lategan - Verteenwoordig Suid-Afrika by die Studente Wêreld Spele met Vroue 7's Rugby, verteenwoordig die Universiteit van Pretoria met Vroue 7's rugby 

Elize Coetzee - Springbok Gimnas

Adele Nienaber - 3de plek tydens Karate Wêreldkampioenskappe

Chris Roos - Suid Afrikaanse Bokser

 

Op kultuurvlak is ons uitblinkers

Johan 'Fatman' Brummer - bekende deelnemer aan The Voice South Africa

Talana Vuren - gewese lid van die sanggroep Mwah! en het tans 'n solo loopbaan

André Pretorius - Skrywer van reisbundels

Elsabé Ras - Skoolwenner van Sanlam Algemene Kenniskompetisie (1998)

Martjie Bosman - Suid-Afrikaanse digter

Elzette Maarschalk - Suid-Afrikaanse aktrise

 

Ons het uitblinkers op die leierskap gebied ook!

David Kabwa is huidiglik (2019) die Universiteit van Pretoria se Studenteraadsvoorsitter. 

 

Ons akademiese uitblinkers is

Kau Mohlamonyane het tydens 2017 aan die Eskom Wetenskap Ekspo deelgeneem en is in 2018 genooi na die Intel Internasionale Wetenskap en Ingenieurswese  (Intel ISEF) uitstalling in Pittsburgh, Pennsylvania.