Hoof

Mnr. Albert Swaters, hoof van Hoërskool Ben Viljoen



Mnr. Albert Swaters se pad het hom in 2003, uit die koue Hoëveld na die pragtige Loskopvallei gebring, waar hy as hoof by Hoërskool Ben Viljoen aangesluit het. Op 23 Junie 2017 was hy reeds al 14 jaar lank die man aan die stuur van een van die beste skole in Limpopo.
Onder sy leiding het Ben Viljoen talle toekennings in akademie, sport, kultuur asook op ‘n verskeidenheid ander gebiede behaal.
Mnr. Swaters is ook die Provinsiale Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU), ‘n onderwysvakbond organisasie wat landswyd hoofsaaklik onderwysers uit die Afrikaanse Onderwysgeledere verteenwoordig.
As een van die beste skole in Limpopo, het jy een van die beste hoofde nodig en mnr. Swaters is presies dit met die volgende prestasies:
•In 2011 is mnr. Swaters aangewys as SAOU Nasionale wenner in die kategorie: Uitnemendheid ten opsigte van Onderwys-leierskap.
•In 2013 verwerf mnr. Swaters 2de plek in Limpopo met Nasionale Onderwys Toekennings: Uitnemendheid ten opsigte van Sekondêre Onderwys-leierskap.
•In 2013 is mnr. Swaters deur die LUR in Limpopo genomineer vir die Kadar Asmal Toekenning en is hy finalis vir Uitnemendheid in Sekondêre Skool Leierskap.