Ondersteunersklub

Die Ondersteunersklub het ontstaan as deel van die missie om bande te smee en te behou met oud skoliere, onderwysers en ondersteuners wat dikwels hulle Saterdae spandeer langs die sportvelde van Hoërskool Ben Viljoen

Die doel van hierdie klub is om die gees van lojaliteit en die algemene welsyn van Hoërskool Ben Viljoen te bevorder en bestaan uit die kategorieë: Old Boys, Old Girls, Klub 100 en die Ondersteunersklub.

Hierdie klub bestaan om die skool se doelwitte te ondersteun en so ook die bande tussen die skool, gemeenskap, ouers en leerlinge te versterk, om die lewenslange verbintenis met die skool te bevorder. En sodoende Ben Viljoen se leerlinge positief te beïnvloed en die opvoedkundige, kulturele en sosiale lewe van skool te ondersteun.

Hierdie klub bied ook deurlopende voordele aan die skoolverlaters en ondersteuners soos wat hulle die nuwe fases van hulle lewens betree.

Vir meer inligting rakende die aansluiting, kontak vir Anton by Anton@moosrivier.co.za

Die klub bied ook hierdie jaar 'n Gholfdag aan wat aangebied word by Groblersdal Gholfklub