Tienertoneel

Die Tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.

In 2016 het ons tienertoneel die streeksfees in Ermelo gewen met hulle produksie “Kom saam met my” en deurgedring na die ATKV Tienertoneelfinaal wat plaasgevind het by Aardklop. Hier is Anjoné de Jager van Hoërskool Ben Viljoen aangewys as die mees belowende speler in ’n rol deur ’n meisie gedurende die ATKV-Tienertoneelfinaal 2016

Prestasies:

2014 :  Tienertoneelgroep Streekwenners

2015: Tienertoneelgroep Streekwenners

2016: Tienertoneel aangewys as Top 16 in die land, neem deel by Aardklop.  Anjoné de Jager ontvang toekenning as mees belowende aktrise.

2017: Tienertoneelgroep Interhoër wenners

2018: Tienertoneelgroep Interhoër wenners