Spelkompetisie/Spelling Bee

Om te kan spel is ’n vaardigheid wat jou vêr in die lewe kan bring. Met die jaarlikse Spelling Bee word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans en Engels te gee en nie net SMS-taal te gebruik nie!

Al die leerders in die skool skryf 'n speltoets waarvan die woorde van elke graad wissel. Die top leerders tydens hierdie toets gaan deur na die Spelling Bee soos hierdie instelling bekendstaan. 

Hierdie kompetisie vind gewoontlik plaas tydens die eerste kwartaal en die top drie leerders in die onderskeie afdelings ontvang elkeen 'n prys.

Die kompetisie word opgedeel in Afrikaans en Engels, junior en senior, waar hierdie leerders teen mekaar meeding om die beste spellende leerder in die kategorie te wees.