Redenaars

Redenaars gee vir leerders die platform om hul sê met selfvertroue in te sê,  ’n vaardigheid wat hulle in die toekoms aan die voorpunt van hul veld sal plaas. Deelnemers moet eie toesprake voorberei en mag nie gepubliseerde artikels woordeliks aanhaal nie. Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is dus ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie.

Eerstens vind daar ‘n interne redenaarskompetisie plaas wat onderskei word onder voorbereid en onvoorberei, junior en senior sowel as huistaal en eerste addisionele taal. Die leerders wat deur gaan vanaf die interne redenaarskompetisie neem deel aan die ATKV Redenaarskompetisie se eerste rondte vanwaar hulle dan deurgaan na tweede en derde rondtes.

Ons redenaars is raakpraters en behaal uitstekende resultate tydens hierdie kompetisie. Ons het al ‘n hoeveelheid leerders gehad wat selfs aan die ATKV se nasionale kompetisie deelgeneem het en besonderse uitslae behaal het.

Prestasies:

2005 : Thelma Skosana die beste tweede Taal-gebruiker.

2011 : Ruan Breed, Thuli Msiza en Busisiwe Msiza het deurgedring na die finaal van die ATKV nasionale kompetisie. Thuli tree uit as oorwinnaar in Suid-Afrika met Afrikaans 2de taal.

2015 : Elmé Oosthuizen 3de beste in SA vir voorbereide toespraak tydens die ATKV redenaar.

2017 : Kaylyn Kotze en Jessica Mtsweni dring deur na die finaal van die ATKV nasionale kompetisie

2018 : Pumi Mphahlele dring deur na die finaal van die ATKV nasionale kompetisie.