Mnr en Mej Ben Viljoen

Jaarliks word daar 'n Mnr en Mej Ben Viljoen-funksie aangebied gedurende Augustus of September, met 'n geheime gaskunstenaar. Die deelnemers word gekies vanuit die Graad 10 en Graad 11 groepe, en die finaliste word uit stemtellings gekies.

Die wenners van hierdie kompetisie, kan dan tot en met die volgende jaar se kompetisie met hierdie gesogte titel spog, en verteenwoordig die skool se beeld.