Drama & Visuele Kuns

Hoërskool Ben Viljoen is een van min publieke Hoërskole in Limpopo wat Drama en Visuele Kuns as vakke aanbied.

Die doel van Visuele Kuns is om leerders bekend te stel aan die wêreld van kuns. Daar word gepoog om hul kreatiewe verbeelding te stimuleer sodat hulle die wêreld rondom hulle kan raaksien en daarop kan reageer. Die vak verteenwoordig ‘n wye veld wat die hand, die oog, die intellek, die gevoelenslewe en die verbeelding betrek by die konseptualisering en vorming van 'n eindproduk. Die vak Visuele Kunste ontsluit ‘n opwindende wêreld van skepping en persoonlike ontdekking

Dramatiese kunste moedig leerders aan om hulself vrylik uit te druk en hul passie vir die toneelspel uit te leef. Drama help bevorder die leerling se selfvertroue, kommunikasie vermoë en stimuleer die breingolwe, wat voordelig is vir die leerder se toekoms