Kultuur

Ons bied 'n wye verskeidenheid kultuurtipes aan vir diegene wat verkies om hulle kreatiewe kant ten toon te stel.

Onder hierdie tipes, is daar egter 'n Fotografieklub, redaksie van die Ben se Pen (skoolkoerant, revue, kultuurfees, toneelkompetisies, ATKV Jeugtak, redenaars en nog vele meer. Tydens 2014, het ons ook verskeie leerders gehad wat in die Mpumalanga Jeugkoor was

Ons doelwit is om 'n perfekte balans te skep tussen sport en kultuur om sodoende die leerders die geleentheid te gee om tot die beste van hulle vermoë hulle passie na te streef