Ons dogterskrieketspan het vandag teen Mahwelereng van Potgietersrus gespeel en in 20 beurte 'n totaal van 128 lopies bymekaar gemaak vir die verlies van slegs 8 paaltjies.
Gustav Klingbiel, Simoné Theron, Tia-Mari Theron, Mari-Zanne Nortje en Anné Marais het die afgelope naweek aan die interprovinsiale swemgala by Curro Nelspruit deelgeneem. Dit was 'n suksesvolle gala waar al ons swemmers hul tye verbeter het.
Die afgelope naweek het sestien Ben Viljoeners aan die Cara Cara Bergfiets en veldwedloop deelgeneem wat by Ruby River Resort buite Groblersdal plaasgevind het.
Die Frogfoot Sewesrugbytoernooi het die afgelope naweek by Hoërskool Die Wilgers in Pretoria plaasgevind. ‘n Dag van aksiebelaaide, hardlooprugby met ‘n feestelike atmosfeer het geheers.
Ons o/17-netbalspan het Saterdag aan die Fast Five-netbaltoernooi by Hoërskool Middelburg deelgeneem.
Tydens die poelwedstryde speel hulle teen onder andere Hoërskool Middelburg, Hoërskool Hoogenhout en Hoërskool Ermelo. Hulle eindig algeheel derde in hulle poel tydens hierdie wedstryde waar hulle uitstekende netbal speel.