Vanessa da Silva, huidige graad 8-leerling, het onlangs 'n aanlyn oudisie gedoen en sy is gekies om deel te wees van Speeltoneel 2020, 'n ABS produksies.
In die Bloss Jeugtydskrif verskyn huidige matriekleerder, Andreas Stylianou, en alumnus, Nikus Lourens, op die voorblad!
Drie oud-leerders van Hoërskool Ben Viljoen is ook in die redaksionele span!
Christo Golden as redakteur, Kyla Diamond as skoonheidsredaktrise en Rosaline Mtsweni as suksesredaktrise!
Aflaaibaar by: https://www.bloss.co.za/bloss-youth-july/
Redenaars, jy het hierdie jaar die unieke geleentheid om in die gemak van jou eie huis jou redenaars toespraak te lewer.
Die afgelope naweek (4 en 5 Julie 2020), 21 Ben Viljoeners was deel van die 209 deelnemers wat deelgeneem het aan die “Lockdown Run/Walk/Cycling for Claudia”, ‘n fondsinsamelingsprojek om geld in te samel vir Claudia du Preez se spesiaal geformuleerde melk.
Jessica Mtsweni, wat in 2017 aan Hoërskool Ben Viljoen matrikuleer het is onlangs verkies vir die IHT Hotelskool se Studenteraad.