Die gemeenskap wonder al ‘n rukkie wat op die terrein van Hoërskool Ben Viljoen aangaan. Eers het daar ‘n trok en ‘n laaigraaf ingery, en toe ‘n span werkers wat onmiddelik aan die werk gespring het met die snoei van bome, ontbossing, en om die aansig, en aanbieding van die skool te vernuwe.
Hoërskool Ben Viljoen se seisoen van verandering het aangebreek!
Baie dankie aan die betrokke ouergemeenskap tesame met ondersteuning van besighede in Groblersdal wat net voor die Julie-vakansie aan die werk gespring met hierdie projek.
Hou ons Facebookblad dop!