Ben Viljoeners blink uit tydens die vakansie!

Tydens die Junie/Julie vakansie het baie van ons hokkie,netbal en rugbyspelers uitgeblink op provinsiale vlak.


Netbal:

Amelia Breytenbach het as deel van die O/14 Limpopo A-span deelgeneem aan die All Ages Netbal toernooi wat plaasgevind het vanaf die 15de tot die 21ste Junie in Boksburg. 

Hokkie:

By die onder 18's het Milla Kleynhans, Katlego Kekana en Leoné Smit deelgeneem aan die Limpopo Noordelike toernooi as deel van die onder 18B-span. Mnr. Yanieve Janse van Rensburg was ook betrokke as afrigter by hierdie span.

Marli Lessing en Nicole van der Westhuyzen het deelgeneem aan die onder 16 Streekstoernooi as deel van die onder 16B-span.

Neo Mathunyane het as deel van die onder 16A-span deelgeneem en Carina Steele as deel van die onder 14B-span.

Rugby: 

Jody du Preez is ingesluit in die o/18A-Cravenweekspan wat die 1ste Julie afskop, terwyl Luan Brown ingesluit is in die Akademieweekspan.

Reward Cronje en Jandré Eksteen het deelgeneem aan die VKB-Reitzweek.

Jandré is ook ingesluit in die Dubai 7's span wat tydens Desember in Dubai aan die toernooi gaan deelneem.

Cafwa Zulu is ingesluit in die onder 16 Grant Khomo span wat in Witrivier plaasvind.

Luan Brown in aksie vir die Limpopo Blou Bulle tydens die Akademieweek.

Muurbal:

Ruan Roos en Anro Kotze het tydens die begin van die vakansie aan die IPT Muurbal Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem as deel van die onder 16 span, alhoewel beide onder 15 is.
Hulle span behaal uitstekende resultate en eindig 5de uit die 8 spanne.

Next article Previous article