Agter elke suksesvolle skool is 'n ondersteunende gemeenskap wat nie terugstaan vir 'n uitdaging nie.
Hoërskool Ben Viljoen se Eerste Hokkiespan bedank graag NTT Toyota Groblersdal vir die borgskap van die pragtige wedstryddrag!
Die Drama departement van Hoërskool Ben Viljoen wil graag dankie sê aan Mnr. Pieter Scholtz van Loskop ICT sowel as die twee anonieme borge wat bydraes gelewer het tot die bou van die nuwe rostrums. Baie dankie ook aan mnr Arno Wessels wat gehelp het met die bou daarvan. Ons waardeer dit opreg!
Hoërskool Ben Viljoen se Eerste Netbalspan bedank graag Courier Guy (2020) en Loskop ICT (2021) vir die borgskap van die pragtige rokkies.