Prestasies

Redenaars: Ben Viljoen se redenaars is 2014 Interhoërwenners.

Toneel: Die tienertoneelgroep is aangewys as die Streekswenners tydens die ATKV Tienertoneel Streeks-kompetisie in Ermelo.

Koor: Nege leerlinge is gekies vir die Mpumalanga Jeugkoor vir 2015.

Akademie: Ben Viljoen is onder die top 20 skole in Limpopo wat die persentasie universiteitsvrylating betref. In 2013 is Ben Viljoen 3de in Limpopo.  2014 se matriekgroep behaal 118 onderskeidings!

Gemeenskap: Ben Viljoen is ook suksesvol met die insameling van fondse en die bou van ‘n splinternuwe hysbak vir leerlinge wat rolstoelgebonde is.