Matriekuitslae

2018

Matriekuitslae - 99,7% Slaagsyfer

80% matrieks behaal universiteitstoelating

Tydens Limpopo se prysuitdeling waar die Premier van Limpopo toekenings aan die meer as 1300 skole in Limpopo uitdeel was daar 2 van Hoërskool Ben Viljoen se leerlinge wat die beste in hulle vakke gedoen het in die hele Limpopo van etlike 100 000 de leerlinge!

Petroné Moolman : Is aangewys as vierde beste leerlinge in die ganse Limpopo, sy verwerf ook die toekenning vir die leerling wat die heel beste in die vakke IT (Inligtings Tegnologie) en Engels 1ste addisionele taal gedoen het.

 Freco Botha verwerf die toekening vir die leerling wat die heel beste in Limpopo gedoen het in Meganiese Tegnologie (Sweis).

Ons is baie trots op hierdie 2 leerlinge wat hierdie enorme prestasies behaal het tydens die prysuitdeling!